Saturday, October 21, 2006


Welkom by hierdie webtuiste wat spesiaal geskep is vir alle oud-leerlinge, -onderwysers, -onderwyseresse en -personeel wat die voorreg gehad het om aan die Dassiebult verbonde te wees. Hier is herinneringe vasgevang vanaf die ontstaan van die skool op 1 Desember 1912, totdat dit as Hoërskool vir seuns gesluit het in 2000. Kyk gerus hier rond en waarskynlik sien jy bekendes raak, of raak jy nostalgies oor die goeie ou dae op Die Bult. Hopenlik kan ons daarin slaag om deur hierdie webtuiste ou vriende weer bymekaar uit te bring. Die Dassies is ook op Facebook as jy daar na ou vriende wil gaan soek.

Die plasings hierop is noodwendig nie volledig nie omdat baie foto's, registers en artikels oor die jare verlore gegaan het. Met almal se hulp kan ons hopenlik daarin slaag om die webtuiste meer volledig aan te vul. Indien jy in besit is van artikels, foto's, staaltjies, nuus, of die name weet van persone op die foto's, wat nie reeds hier verskyn nie, e-pos dit asseblief vir ons sodat ons dit hier kan plaas. Ons hoor graag van jou.

Keer gereeld na die webtuiste terug om te sien wat van al die oud-Dasse, -onderwysers -onderwyseresse en -personeel geword het sedert die skool gesluit het, asook nuus oor byeenkomste.


.

Das groete.

VAT VAS!